
=====================================================================
Slaggate vir Afrikaans op skool (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Slaggate vir Afrikaans op skool

  Vakadviseurs van Afrikaans Tweede Taal in KwaZulu-Natal het bevind dat die nasionale implementeringsvoorskrifte van taalbeleidsdokumente 
meertaligheid in die wiele ry. Jan Lewis verduidelik. DIE beleidsdokumente op sigself het positiewe beloftes vir meertaligheid ingehou. 
Klousules soos die volgende is byvoorbeeld vervat in die Language in Education Policy, wat op 4 Julie 1997 aangekondig is:

4.1.1 "In terms of the new Constitution of the Republic of South Africa, the government, and thus the Department of Education, recognises 
that our cultural diversity is a valuable national asset and hence is tasked, among other things, to promote multilingualism, the 
development of the official languages, and respect for all languages in the country ..." (bl. 2)

4.1.2 "... It is meant to facilitate communication across the barriers of colours ..." (bl.2)

4.1.3 "As such it assumes that the learning of more than one language should be general practice and principle in our society. That is to 
say, being multilingual should be a defining characteristic of being South African." (bl. 2)

4.1.4 "... the underlying principle is to maintain home language(s) while providing access to and the effective acquisition of additional 
languages ..." (bl. 3)

Vakadviseurs van Afrikaans was van meet af aan baie positief oor die beleidstellings, en daadwerklike ondersteuning is deur die provinsiale 
departement verleen. 'n Totaal van 13 Afrikaanse vakadviseurs is vir die 8 provinsiale streke aangestel. 'n Geesdriftige en grootliks 
suksesvolle poging is aangewend om meertaligheid deur middel van juis Afrikaans te bevorder. In 1998 het byvoorbeeld 95 000 leerders (uit 
'n totaal van 110 000) die Senior Sertifikaat Eksamen met Afrikaans as Tweede Taal afgel.

Die aanvanklike optimisme by taaladviseurs moes egter ongelukkig begin plek maak vir skeptisisme. Was die nasionale regering werklik eerlik 
met die beleidstelling dat veeltaligheid 'n onderwysdoelwit is?

Die implementeringsdokumentasie het naamlik toenemend struikelblokke op die weg van vakadviseurs en ondersteuners van meertaligheid gel. 
In 1995 verskyn die Interim Amended Programme Requirements vir die taalonderrigwreld. Dit word skielik duidelik dat volksgroepe wat 'n 
inheemse taal praat, kwalik die geleentheid sou h om 'n verdere amptelike inheemse taal in hul eie provinsie aan te leer. Die tweede taal 
sou Engels moes wees. Vergelyk die volgende voorskrifte:

1.1

* Vanaf graad 4 tot by graad 6 word amptelik twintig halfuurperiodes aan die onderrig van twee amptelike tale toegestaan.
* Slegs twee periodes word aan 'n derde taal toegeken.
* Die onderrig van 'n derde taal is opsioneel.
* Dit kan nie as 'n eksamenvak aangebied word nie.

(As gevolg van hierdie drieledige beperking kom honderde leerders in horskole aan waar Afrikaans as tweede taal onderrig word met 'n 
uiters beperkte onderrigbasis of met geen vorige ervaring nie. Dit word ook duidelik vir die ouerpubliek dat die regering nie juis erg het 
aan meertaligheid nie en honderde laerskole begin Afrikaans as 'n bykomende taal uitfaseer.)

1.2

* Van graad 7 tot graad 12 kan 'n derde taal wel opsioneel met 'n minimum van 5 periodes per week aangebied word, maar die boodskap wat in 
die laerskool gegee word, is onomwonde tn die bevordering van meertaligheid.

Dit was egter uiteindelik die verskyning van implementeringsvoorskrifte rakende Uitkomsgebaseerde Onderwys (UGO) wat alle illusies rondom'n 
derde (inheemse) taal laat verdwyn het.

In die Senior Fase (graad 7 -- 9) word daar nou geen woord meer gerep oor die onderrig van 'n derde taal nie en ook nie in die periode-
indeling wat tyd daarvoor moet inruim nie. Met die aankoop van leerdermateriaal is selfs tweede tale nie toegelaat om bestellings te plaas 
nie. Die nasionale doelwit het al duideliker geword: sprekers van inheemse tale sal hul eie tale plus Engels aanleer!

Die taalkundige Kathleen Heugh (PRAESA) s byvoorbeeld in 'n dokument getiteld The New Language in Education Policy: South African 
Perspectives on Implementation 13 May 1998: "An additive approach to bilingualism in a multilingual South Africa means quite simply, that 
each pupil must have the opportunity to learn two languages in order to best develop her/his own language and cognitive skills and also to 
become proficiently bilingual." Dit is nie moeilik om te weet wat met "proficiently bilingual" bedoel word nie. Dit is om Engels as 'n 
tweede taal aan te leer.

Dit is nie moeilik om die nasionale regering se motief agter die beklemtoning van die bogenoemde benadering te begryp nie. Die volgende 
twee prioriteite moes naamlik in ag geneem word:

* In alle skole waar die swart inheemse tale deurlopend as moedertaal aangebied word, is die moedertaal nie die medium van onderrig nie, 
maar wel grotendeels Engels. Dit is ook 'n welbekende akademies en proefeksperimenteel bewysbare feit dat as leerders nie die onderrigtaal 
goed onder die knie het nie, dit hulle prestasies erg benadeel. (Praktiese ervaring laat my glo dat dit tans by uitstek 'n remmende faktor 
vir goeie prestasie in swart skole is.) Om hierdie rede is dit 'n prioriteit vir die regering om die Engelse taal se profiel en 
bevoorregting in alle sektore van die land te bevorder.
* Tweedens dien die bevoorregting van Engels bo ander tale die opsigtelike doel dat dit hopelik 'n integrasie van etniese en kultuurgroepe 
vir die regering sal bewerkstellig.

Met die taal- en kultuurimplementeringspraktyke wat die regering tot dusver gehandhaaf het, staan ek erg skepties daarteenoor of die sg. 
kultuurkommissie wat saamgestel word, iets meer sal wees as 'n blote voortsetting van die randversieringsaktiwiteite wat tot dusver vir die 
regering se eie politieke doelmerke gekonstrueer is. Bronne:

* Department of Education: Language and Education Policy Document -- 14 July 1997.
* A Clarification and Explanation of: The National Interim Amended Programme Requirements for the Senior Primary Phase (1995).
* Interim Amended Programme Requirements for the Junior Secondary Phase and the Senior Secondary Phase.
* The new Language in Education Policy: South African Perspectives on Implementation -- Kathleen Heugh (PRAESA)
Mnr. Jan Lewis is vakadviseur van Afrikaans in die streek Pietermaritzburg.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6422.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

